South Africa's LGBTI newspaper since the 1980's

Previous Issue Covers

Our YouTube

Login

“DIE KONINGS” by
Alexander Bar & Café, Kaapstad | 22 – 27 Oktober 2018 om 19:00
Drostdy Teater, Stellenbosch | 2 November 2018 om 20:15
Drama Factory, Somerset-Wes | 10 November 2018 om 19:00Fallie

Bo en behalwe die feit dat “Die Konings” die nuutste en hotste ding in die Afrikaanse musiek-industrie is, is hulle boonop besonders talentvol daarby (of so glo hulle). Met treffers soos “onder by die whiskey bar”, “skud daai tossel” en “wys my” het Die Konings besluit om die land plat te toer met hulle eerste full blown show “Die Konings”. Bel maar solank vir Ouma en vra of sy die kinders sal babysit, want een ding is seker – liedjies soos “jou lekker tjops maak my honger pops” móét jy eenvoudig live sien.
Op ʼn minder ernstige noot: “Die Konings” is ʼn werkswinkel kabaret wat trek uit die tradisies van drag kings, satire en improvisasie-komedie. Anoecha Krüger, Marelize Viljoen en Elisha Zeeman gebruik hulle manlike alter-ego’s om ʼn skreeusnaakse satire te skep uit seks, geloof, politiek, en alles tussen in. Omdat die gehoor se bydra so belangrik is beloof elke optrede om ʼn unieke ervaring te wees. Die teks is deur Louis Roux (in samewerking met die geselskap) saamgestel. Musiek deur Talíta Beyl en die regie word deur Andrico Goosen behartig.

Kaartjie pryse wissel tussen R100 en R120. Bespreek kaartjies by afsonderlike teaters deur die teaters se webtuistes: https://alexanderbar.co.za/ of www.drostdyteater.co.za of www.thedramafactory.co.za

Content Warning


By continuing to browse this web site you are certifying that you are over the age of 18